Maak ons regtig ons kinders vir God groot?



DIe Weg

Die meeste van ons maak ons kinders op die verkeerde pad groot, want dis hoe ons grootgemaak is...

Ons word van kleins af grootgemaak en op n pad geplaas wat ons ouers dink reg is.  Ons denke word klaar vir ons in n rigting ingestuur vandat ons klein is.  Ons moet leer op skool, ons moet goed doen sodat ons universiteit toe kan  gaan en n goeie werk kan kry eendag, sodat ons vir ons kinders kan sorg. Niemand maak hulle kinders groot met die vraag wat wil God vir my kind he nie?  God het elke mens, elke kind op hierdie aarde geplaas met n baie spesifieke doel  voor Sy oe,  Hy het n plan met elke kindjie wat gebore word.  Maar nou kom die ouers en plant verganklike saad in daardie kind se brein vandat hy klein is.  En so word hy groot en gaan weer daardie verganklike saad in sy kinders se koppe plant eendag.  En so word die hele lewe net n gejaag na wind, na niks!!!  En jou lewe gaan beslis ook eindig en kom tot niks!!!  Ons word nie op die aarde gesit om te kyk hoe goed ons kan doen nie, hoeveel geld ons kan verdien nie, ons is besig om die hele pot mis te sit.  Dit gaan daaroor om n koninkrykslewe te kom lewe vir God.  Dit gaan daaroor om jou kinders van kleins af te laat besef hulle is op aarde vir n groter doel, nie om te sien hoe goed doen hy in sport of in skool of op universiteit nie.  ONS MAAK ONS KINDERS GROOT OP DIE VERKEERDE PAD!!!  Dis tyd om wakker te skrik, daar is nie meer baie tyd op aarde nie, daar iss sooooo baie siele wat gewen moet word vir God se koninkryk en daar is hopeloos te min werkers om die oes in te samel.  Want daar is meer werkers van ongeregtigheid as kinders van God wat waarlik vir Hom werk - 5%.  

Kinders word grootgemaak met die idee dat alles gaan oor rykdom, roem, eer, wereldse wysheid, wat hulle alles kan bereik in die lewe en die ergste van alles - wie kan die meeste behaal en die beste wees.  Die lewe is verby in n oogwink en dan bly die ewigheid oor.  Waar gaan jy die ewigheid deurbring?  Daar is net een van 2 keuses - hemel of hel?  En alles wat jy doen op aarde gaan bepaal waar jy jou  ewigheid gaan deurbring..  Waar gaan jou kinders hulle ewigheid deurbring?  Waarvoor maak jy jou kinders groot?  Vir die koninkryk van God of vir die koninkryk van die bose?  Want as jy jou kind gaan por om die beste te wees in sport, akademie of wat ook al wereldse geleentheid, dan maak jy jou kind groot vir die hel. Is dit rerig waar jy jou kind wil he eendag?  in die brandende  oond wat nooit ophou brand nie.  
God het jou kind vir jou gegee om hom groot te maak met een doel voor oe - om vir God te werk.  Elkeeen word van God af gestuur met n missie en as jy nie jou kind in die koninkryk van God gaan grootmaak nie, kan hy dalk sy hemelse  \ Goddelike roeping  mis.  En dan kan die vinger gewys word na die ouers.     

Satan het alles kom verongeluk wat God geskep het.  God het die mens geskep om Hom te verheerlik, om te leef net vir Hom.  Maar satan het gekom met sy verganklike saad en dit al baie lank terug begin saai in die harte van mense van die wereld.  En daardie saad het gegroei en gegroei en n groot boom sonder enige vrugte geword, n boom wat eendag uitgekap en in die vuur gegooi gaan word.  En so het satan aangehou om daardie saad te saai in mense se hart, want hulle is soooo oop daarvoor.  Dis tyd om daardie verganklike saad wat tot niks kom nie, in jouself te erken en daardie plant in jou uit te ruk, want dit gaan jou ewigheid kos.  

Ons moet n koninkrykslewe lewe op aarde, nie n wereldse lewe nie.  Want dan probeer ons God se koninkryk en satan se koninkryk meng.  Om Goddelikheid te probeer meng met die bose is taboe.  Die Here se duidelik in 1 Kor 10 dat ons nie die beker van satan kan meng met die beker van die Here nie.  KIES!  

Ons kinders moet grootgemaak word met die onverganklike saad wat van God af kom.  Dit kry jy net op een plek en dit is by die Boom van die Lewe.  Ons moet lewe op die vrugte van hierdie Boom en ons kry dit deur die Woord in te neem.  Dit is onverganklik.  

Ek was ook grootgemaak op die verkeerde pad.  Ek was ook soos die res van die wereld se mense gebreinspoel dat alles oor die lewe gaan, oor onsself, solank ons gelukkkig is, solank ons net n suskses van ons lewe maak.  NIKS gaan oor ons nie.  ALLES gaan oor God! Alles wat ons doen, moet ons doen asof vir God.  In alles wat ons doen, moet ons vir God verheerlik.  Gelukkig was God my genadig en het Hy my oe vir kom oopmaak terywl my kinders nog redelik jonk was en het ek besef ek het hierdie 3 seuns gekry nie om hulle te leer hoe om vir die wereld te lewe nie, maar om karakter van God te ontwikkel terwyl hulle klein is sodat hulle op n vroee ouderdom hulle roeping in God kan ontdek en daarvolgens kan lewe.  Ek het die gemoedsrus dat hulle nie tot in ewighheid sal brand nie, maar hulle sal hulle werk op aarde doen vir God en eendag hul krone en hemelse klere ontvang in die hemel.

Die pad waarop ons moet wees, is die padd van geloof waar JEsus die leier is.  Nie n dominee of n pastoor nie, maar Jesus.  Jy is nie veronderstel om n domineeof n pastoor te volg nie, maar vir Jesus.  Dit is n baie nou pad, n moeilike pad vol groot klippe waarteen jy jou tone stukkend stamp en jou voete raak seer.  Maar God is ons baie genadig.  ELke keer as ons in daardie pad gaan sit en nie meer kan aangaan nie, sal Jesus jou voete kom genees en Hy belowe dat Hy elke keer ons voetsole dikker sal maak sodat ons hierdie pad makliker kan loop.  Moenie op die afdraaipaadjies beland nie, daar is so baie.  Daar kom wolwe op ons pad wat jou gaan "sweettalk" en jou probeer oorkry na hulle pad toe, jy moet hulle ignoreer en maak asof hulle nie bestaan nie.  Daar is slange en skerpioene op hierdie pad, maar gelukkige het God ons die krag en mag gegee om sommer op hulle te trap en hulle koppe te vermorsel.  Daar sal reuse op hier pad kom, maar jy  moet leer om hulle ook  te verslaan net soos Dawid vir Goliat verslaan het.  Kyk hulle in die oe en verslaan daardie reuse (probleme) in die Naam van Jesus Christus. 

Wanneer jy op hierdie pad is, moet jy liggaam, siel en gees oorgegee wees aan God.  Jy moet jou eie wil neerle voor Jesus se voete, dit is nie meer jou wil wat tel nie, maar God se wil vir jou lewe.  Jou gees is gewoonlik baie gewillig om agter Jesus aan te beweeg, maar soms hou ons siel ons nog terug omdat ons nog ons eie wil wil he, omdat ons ons nog oorgee aan ons emosies.  Maar dan veroorsaak dit skeuring in jou liggaam.  Wanneer jou gees en siel so verskeur word van mekaar, gaan jy dit in jou liggaam voel.  Veral deur siektes!    
Maar dis nie maklik om dit reg te kry nie, omdat ons met die verganklike saad grootgemaak is.  Omdat ons geleer is van kleins af dit is ons eie wil wat tel.  Ons word  grootgemaak om gefokus te wees op onsself en nou skielik moet ons alles oorgee aan God.  Dit is nie altyd baie maklik nie en dit is n proses, dit gebeur nie oornag nie.  Maar dit is dit alles werd. 
Skielik moet ons besluite oorlaat aan God en nie meer self besluite neem nie.  Dit kan soveel druk van ons af wegvat, maar ons het nie alltyd die geloof om dit te doen nie.  Vra God elke dag om jou die geloof te gee om dit te kan doen, om alles oor te gee aan God. 

Jes 65:2:  " opstandige volk wat wandel op n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan"

Dit is is die pad waarop ons grootgemaak word, die verkeerde pad waar ons ons eie gedagtes volg en nie hoor wat God wil he nie.  Ons moet oorgaan na God se pad toe en ons kinders saamvat na die regte pad waar hulle vir God grootgemaak kan word en nie vir die wereld nie.  






   










No comments:


Post a Comment