Hoekom aanbid jy God?


besin asseblief hoe julle God aanbid.



Vra asseblief vir jouself die vraag: "Hoekom aanbid ek God"?
Wat is jou groot rede dat jy se: "Ek glo in God?"
Is daar enige seëninge wat jy verwag dat jy God aanbid?
Of is dit n moeilike tyd in jou lewe en jy wil hê Hy moet dit vir jou beter maak? Aanbid jy God vir dit wat jy kan kry op aarde of selfs in die hemel? Of aanbid jy God net sodat jy nie eendag moet hel toe gaan nie?
Of aanbid jy God omdat jy REGTIG lief is vir God?


Isaiah 44:15-18: "Trees become fuel for people to burn. So they take some of them and warm themselves with them. They start fires and bake bread. They also make gods from these trees and worship them. They make them into carved statues and bow in front of them. Half of the wood they burn in the fire. Over this half they roast meat that they can eat until they are full. They also warm themselves an say, "Ah! We are warm. We can see the fire!" But the rest of the wood they make into gods, carved statues. They bow to them and worship them. They pray to them, saying, "Rescue us, because you are our gods." They don't know or understand anything. Their eyes are plastered shut, so thy can't see. And their minds are close, so they can't understand."

Baie mense doen presies dit wat hier in Jesaja 44 verduidelik word. Mense kry 'n houtstomp en maak eers vuur daarmee. Hulle maak hulleself eers warm daarmee vir oorlewing, hulle voorsien eers in hulle eie behoeftes met daardie stuk hout. Dan maak hulle hulle kos gaar oor daardie vuur wat gemaak word met die stuk hout. Wanneer hulle dan volgeëet is aan daardie kos en hulle kry lekker warm, dan is al hulle vleeslike behoeftes bevredig. Dan vat hulle die stuk hout en maak daarvan 'n beeld wat hulle veragod. Dan vra hulle vir daardie beeld wat hul afgod is, om hulle te beskerm.

En presies wat daardie mense in Jesaja 44 doen, is wat die meeste mense doen met God. Hulle "aanbid" God sodat God hulle behoeftes moet bevredig sodat hulle kan oorlewe. Hulle gebruik God (soos daardie mense die stuk hout gebruik) sodat hulle moet warm kry, en die manier van gebruik is 'n tipe aanbidding wat God nie behaag nie. Hulle gebruik God sodat hulle kan kos kry om te eet. Dit laat my dink aan die mentalitiet van: "Ek aanbid U mos, so gee asb vir my wat ek wil hê) En eers as daar in hulle behoeftes voorsien is, aanbid hulle God vir beskerming. So waar is die aanbid God uit liefde vir God dan? Nêrens in hierdie bogenoemde word God aanbid omdat hulle lief is vir God nie, dit gaan net oor hulleself en hulle behoeftes, sodat God hulle moet help dat dit beter moet gaan met hulle.

Die laaste tyd is hierdie 'n onderwerp waaroor die Here baie met my praat en dit baie op my hart lê om oor te praat. Maar hierdie is 'n saak wat vir God n gruwel is. Toe die Here hierdie deel aan my bekend gemaak het, het Hy ook gesê dat dit n gruwel in sy oë is en dat dit vir die mense wat Hom so wil aanbid, beter is om regtig maar eerder n stuk hout te gaan omvorm in 'n beeld. Maar moenie van God n fool probeer maak nie. Hy ken elkeen se hart, Hy weet hoeveel opregtheid in elkeen se hart is. Hy ken die redes hoekom ons Hom aanbid.

Hoekom sit mense elke Sondag in die kerk? Oor wie gaan dit daar in die kerk? Oor godsdienstigheid? Omdat jy godsdiens beoefen? Om raakgesien te word? Om jou gewete te sus? JY GAAN NIE HEMEL TOE NET OOR JY KERK TOE GAAN NIE!!! JY GAAN NIE HEMEL TOE NET OMDAT JY EEN KEER 'N WEEK NA DIE DOMINEE LUISTER NIE!!! DAN IS JOU HART NIE BY GOD NIE. GOD SOEK JOU HART, HY SOEK N VERHOUDING MET JOU, HY SOEK JOU LIEFDE, HY SOEK NIE OPSêGEBEDJIES EN RYMPIES NIE.

Asseblief mense, dis tyd om wakkker te skrik. Word wakker uit jou diep slaap, asseblief! Die lewe gaan nie oor jou nie. Ons word nie op die aarde geplaas oor dit oor ons gaan nie. Ons word nie op die aarde geplaas sodat ons die lewe moet geniet nie. Mense wat sê ons lewe net een keer, so geniet die lewe, besef nie waaroor die lewe regtig gaan nie. Hulle besef nie daar is 'n groot God wat wonders doen nie. Ons is op die aarde geplaas deur God om vir God te kom doen wat Hy van ons verwag.

n Paar oggende terug het die Here met my gepraat oor wolwe (dit is mense wat hulle voordoen as hierdie wonderlike Christene - soveel is dominees en pastore ens.), maar hulle hart is glad nie opreg nie. Daar is altyd n verskuilde agenda in hulle harte. Dan is daar mense wat glad nie glo in God nie, ateiste. Hulle maak nie asof hulle God aanbid nie. God het gesê Hy is moeg vir mense wat Hom treiter met hulle rympies en opsêgebedjies. Mense wat maak asof hulle hierdie groot Christene is, maar eintlik gaan alles net oor hulleself. God het 2 keer gese Hy is moeg vir hierdie mense wat Hom treiter met hul gebede, Hy gaan Sy hand heeltemal wegvat van sulke mense af. Ek vra toe vir die Here maar wat dan van die mense wat glad nie in Hom glo nie? God se toe daardie mense wat nie in Hom glo nie, het hulle rug op Hom gedraai, hulle treiter Hom nie met valsheid nie. Ek kry die idee dat diegene wat God aanbid met verskuilde agendas se straf gaan eendag groter wees as diegene wat God net uitlos. Daar is ten miste nie valsheid by hulle nie. God haat valsheid.

Sag 1:15: "maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorgelose nasies wat, terwyl Ek n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het." (Mense help die onheil aan deur valsheid)

Zech 7:5,6 "When you fast and mourned, did you really do it for me? When you ate and drank did not you do it to benefit yourselves?"

11-13: "But people refused to pay attention. They shrugged their shoulders at me and shut their ears so that they couldn't hear. They made their hearts as hard as flint so that they couldn't hear the Lords teachings, the words that the Lord of Armies had sent by his Spirit through the earlier prophets. So the Lord of Armies became very anry. 13 When I called, they wouldn't listen. So now when they call, I won't listen, says the Lord of Armies."



Die Skrif sê soek eers die Koninkryk van God en die res sal jou toegevoeg word. Maar dis presies wat dit sê: Soek eers die Koninkryk van God! Moenie God net wil ken vir wat dit vir jou kan beteken nie en sodat God net in jou behoeftes moet voorsien nie. Ken eers vir God, wees lief vir God en Hy sal in elkgeval vir jou sorg.









hghghghg


No comments:


Post a Comment