Shalom - Shalam

Ek wil graag hier 'n klein stukkie getuienis lewer oor hoe God my die betekenis van die woord "Shalam" kom leer het en 'n paar maande daarna het Hy dit ook toegepas op my lewe.  Daarom kan ek getuig van 'n God van beloftes, 'n God wat doen wat Hy sê.

Daar lê 7 beloftes vir ons opgesluit in die lug en een van hulle lê in die reën wat beteken God sal vir ons restourasie bring.  Hy sal vir ons herstel bring.  Dit is 'n belofte van restorasie of herstel van God af. Maar wat het dit met die Hebreeuse Woord Shalom te doen?

In baie gevalle het die vyand gekom om te steel van ons, om te vernietig in ons, maar God het dit gesien en as ons uitroep na God, sal Hy afbuig na ons en ons aan die regterhand vat om ons te help.  Soos in Job se lewe - as jy kyk waardeur hy moes gegaan het, wat hy alles verloor het, maar tog het hy bly houvas aan God.  Alhoewel daar 'n tyd was wat Job God bevraagteken het oor sy lot, het hy op die ou end tog besluit om nie te fokus op die sleg nie, maar op God.  Hy het gekies om sy oë van sy lot af te haal en na die reënboog te kyk. En omdat hy God se belofte van restourasie raakgesien het, het God hom kom herstel.  En dit is in Hebreeus "Shalam." 

Die laaste tyd praat die Here baie oor seeninge en die laaste 2 dae sê die Here "Shalom", "Shalam" en "Shammah". Ek gaan lees toe die betekenis van die Hebeeuse woorde op en dit beteken die volgende:
"Shammah" is nog 'n Naam van God en beteken "God is there" wat beteken as jy jou hart oopmaak vir God, is Hy DAAR, in jou hart. As jy Hom toelaat in jou hart, SAL Hy Sy vesting daar maak in jou hart en leef IN jou. (1Cor 3:16)

"Shalom is more then just simply peace; it is a complete peace. It is a feeling of contentment, completeness, wholeness, well being and harmony."
"According to Strong's Concordance 7965 Shalom means completeness, wholeness, health, peace, welfare, safety soundness, tranquility, prosperity, perfectness, fullness, rest, harmony, the absence of agitation or discord."
"Of course, there is only one way to find TRUE shalom - and that is in the Word of YHWH. Many search for fulfillment, happiness and contentment in material possessions, money, sex, entertainment, etc. But those things do nothing to fill "that little hole in our soul" that only GOD can fill! Those things only serve to distract and prevent us from finding true peace...the shalom that can only come from Him who created and put all things into place."
"In other words, the word shalom is a mighty blessing on several levels!"

'n Ander woord vir Shalom is ook Shalam, dis die werkwoordelike vorm van Shalom en dit beteken: "making restitution; to make whole or complete, toe restore what has been taken from you" En dit kom weer terug na die belofte wat opgesluit lê vir ons in die wolke en reën wat van God af kom - restorasie. God belowe Hy sal dit wat satan van ons geroof en vernietig het, weer kom herstel - "Shalam". Hy sal ons weer oprig en bou (Jer 31).

Kyk hoe mooi verduidelik Joel 2 oor "Shalam":
The Lord invites the People to return to Him
12 But even now," declares the Lord, "return to Me with all your heart...
13 Tear your hearts, not your clothes. Return to the Lord your God. He is merciful and compassionate, patient, and always ready to forgive and to change His plans about disaster.
14 Who knows? He may reconsider and change his plan and leave a blessing for you
The Lord will give earthly blessings to His people
23 People of Zion, be glad and find joy in the Lord your God. The Lord has give you the Teacher of Righteousness. He has sent the autumn rain and the spring rain as before. (hier is die belofte van restorasie wat in die reën opgesluit lê - "Shalam")
25 Then I will repay you for the years that the mature locusts, the adult locusts, the grasshoppers, and the young locusts ate your crops (weereens sal die Here kom herstel en restoreer wat vyand vernietig en gesteel het - "SHALAM")
26 You will have plenty to eat, and you will be full. You will praise the name of the Lord your God, who has performed miracles for you.
27 I AM THE LORD YOUR GOD, AND THERE IS NO OTHER!!!

Num 6:24,25: "May the Lord bless you and watch over you. May the Lord smile on you and be kind to you. May the Lord look on you with favor and give you peace."

'n Stukkie getuienis uit my lewe waar die Here my kom leer het oor "Shalam":
Soos jul al kon agterkom, is ek baie lief vir diere, veral vir my skape.  Die Here leer my so baie deur die beeld van skape.  In 'n vorige blog (Offervleis van Baäl) het ek ook vertel wat met my een lieflingskaap, Vetgesiggie, gebeur het. Sy het doodgegaan van 'n tipe vergiftiging en my hart was gebreek.  Die Here het mooi vir my verduidelik hoekom sy doodgegaan het, wat ek uiteengesit het in die blog oor die Manna wat ons moet eet en die offervleis vol gif wat ons nie mag inkry nie.  In die tyd toe die Here my getroos het oor Vetgesiggie het Hy vir my gesê onthou "Shalam".  Ek het vir die Here gesê ek onthou dat Hy gesê het Hy sal weer met ons regmaak daar waar weggeneem is van ons, en ek het my oë weer gefokus op God. 

In die tyd, het ons begin kyk om vir ons perde te kry omdat ons oppad is om plaas toe te trek.  Ek en die seuns stap by 'n perdewinkel in om te kyk wat kos die saals en tooms ens...  So by so raak ek en die meisie aan die gesels en ek vra sommer so terloops of sy nie dalk weet van goeie kinderperde.  Sy sê ja, hier was die oggend 'n vrou wat gesê het sy het 2 perde waarvoor sy iemand soek wat life sal wees vir hulle.  Ek bel die vrou, Izmey, dadelik en maak 'n afspraak om haar te gaan sien.  Sy vertel my oor die perde, hulle name is Astro en Shiloh.  Die volgende oggend voor ons gaan kyk na die perde, bid ek eers oor hulle.  Al wat die Here vir my sê is gaan lees Gen 49.  Toe is die naam "Shiloh" in Gen 49.  Ek het besef dis bevestiging dat hierdie perde ons s'n moet wees.  Ek begin toe dieper delf oor hulle name.  Shiloh beteken "geskenk van God".  Toe ek dit sien, het ek dadelik besef die Here seën ons nou met Shiloh en Astro, dit is God se "Shalam" aan ons oor die hartseer oor Vetgesiggie.  Die Here het vir Vetgesiggie gebruik om my te leer hoe vreeslik gevaarlik "vreemde vleis" is en dat ons net Manna moet inneem.  Maar Hy het weer kom voorsien en opgemaak met Shiloh en Astro.  Ek gaan lees to op oor die naam Astro en dit beteken "star".  Toe is ek net so opgewonde, want my Hebreeuse naam wat die Here vir my gegee het, se betekenis is ook "star". 

Ons het vir Izmey, Astro en Shiloh gaan ontmoet en ons was dadelik verlief op die perde.  Maar nogsteeds het ons die probleem gehad dat ons hulle nie dadelik kon vat nie, want ons het nie weiding of plek vir hulle nie.  Maar Izmey bel my daarna en sê ek hoef nie bekommerd te wees nie, hulle gee die perde vir ons en vir solank as wat ons nog hier is, kan die perde by hulle bly totdat ons plaas toe trek.  Ek kon dit nie glo nie.  Dit is net God wat so goed kan wees vir ons!!!  Astro en Shiloh - uit die Here se hand 'n geskenk aan ons - dit is "Shalam." Dankie wonderbaarlikste God en Here.