Met wie se swaard veg jy? Jesus of satan s'n?

Wannneer iemand ons erg te na kom en ons baie seermaak, het ons 'n keuse hoe ons met daardie seer gaan "deal". En die manier hoe jy daardie seeer gaan uitsorteer, gaan weer 'n effek hê op die res van jou lewe. Want dit hang af wie gaan jou help om daardie seer uit te sorteeer: Jesus of satan..... As jy jou seer vir Jesus kan gee, sorteer Hy dit op 'n Goddelike manier uit, maar as jy jou seer vir jouself hou gaan jy outomaties met satan se wapens veg. Ek verduidelik meer in diepte:

As ons so seerkry deur omstandighede of iemand wat ons baie seergemaak het, voel dit op daardie stadium asof jy stoksielalleen in jou seer staan, maar dit is glad nie so nie, want... "Jesus will never leave you, nor forsake you (Hebr 13:5)".

Jesus is daar reg langs jou en Hy is net so hartseer oor jou seer. Hy staan en wag dat jy met jou seer in Sy arms moet inval. Jy voel Hom dalk nog net nie daar by jou nie, maar dan staan jy nog net nie in die regte verhouding met Jesus nie. Dan staan jy nog in jou eie hart en nog nie in God se hart saam met Jesus nie. Jy staan nog net nie in die regte verhouding met Jesus nie, maar dis niks om oor bekommerd te wees nie, want Jesus staan altyd geduldig en wag - jy moet net die keuse maak om na Hom te draai.
Dit vat net een treetjie, 'n ommekeer, na Jesus toe en Hy sal jou seer vir jou heelmaak.

Sien die prentjie so: Voor jou staan Jesus en satan. Hulle albei wil hê jy moet jou seer vir hulle gee. Jesus vra dat jy jou seer vir Hom gee en in ruil daarvoor gee Hy vir jou die Swaard om mee te veg. Satan wil ook graag hê jy moet jou seer vir hom gee en in ruil daarvoor gee hy ook vir jou wapens - die wapens wat hy jou gee om mee te veg, is goed soos haat, wraak, bitterheid, woede ens.

Ons moet net onthou, as iemand ons baie seermaak, is dit nie daardie persoon self wat dit aan jou doen nie, maar die vyand wat in daardie persoon werk om mense seer te maak en te verwoes. Satan gebruik die mens se liggaam om te verwoes- sy bose magte gaan in mense in en veroorsaak dan op so manier chaos.

Hoeveel mense het jy al hoor sê nadat hulle iets onverantwoordeliks gedoen het: "Ek kon myself net nie keer nie"? Presies! Hulle kon hulleself nie keer nie, want dis nie uit hulleself wat hulle dit gedoen het nie, maar dis deur die vyand se magte wat hulle op daardie stadium beheer het. Daarom moet ons nie met daardie persoon in'n geveg wil tree nie,ons moet die vyand in daardie persoon veg wat deel is van die bose mag waarvan Efes 6:12 praat: "This is not a wrestling match against a human opponent. We are wrestling with rulers, authorities, the powers who govern this world of darkness, and spiritual forces that contol evil in the heavenly world".
Dit is sinneloos om te wil veg met ons fisiese wapens, soos vuiste of veral die tong. Dit kan NIKS aan die vyand doen nie, jy speel eintlik net in satan se hand as jy dit doen. Want as ons mekaar met die tong en vuiste wil veg, verwoes ons net mekaar, en dis presies satan se plan.

Jesus is 'n gentleman, Hy staan en wag dat jy in Sy arms moet instap en jou seer vir Hom gee. Daarenteen, is satan glad nie 'n gentleman nie, hy wag vir enige kans wat hy sy bose wapens in jou hart kan inforseer. Hy gaan jou nie vra of hy dit kan doen nie, hy doen dit net. En dan veg jy 'n ander met onvergifnis, haat, jy koester wraak teen daardien een, daar ontstaan woede binne jou (wat jy gewoonlik uithaal teenoor jou geliefdes). En op die einde, verwoes jy jouself en maak jy baie mense om jou seer. Want al hierdie goed soos haat, bitterheid,woede, aggressie, fustrasies ens. loop in 'n bose kringloop. Die een volg op die ander. As jy haat, is die gevolg wraak, woede, bitterheid, onvergewinsgesidheid en so kan ons aangaan. Jy vergiftig jou hele wese met al daardie goed en daardie goed staan in die pad om 'n wonderlike verhouding met Jesus te hê. Al daardie goed maak jou gees siek, wat weer oorspoel na jou siel en op die ou end maak dit jou liggaam siek. Ek sê nie alle siektes kom uit hierdie bose goed van satan nie, maar die meeste siektes kom hieruit. 

So kyk nou waar begin dit: by iemand wat jou seergemaak het. En as jy nie vergewe nie, laai jy 'n swart sak op jou rug en soos die tyd aanstap, maak jy daardie sak vol vuilgoed. En oral waar jy gaan, dra jy daardie vuil sak saam met jou.

As jy iemand nie kan vergewe en die situasie vir Jesus kan gee nie, is dit net sowel jy drink die gif om daardie persoon dood te kry. Daardie persoon weet nie eers van die haat en bitterheid wat jy binne jou koester nie, so jy vergiftig net jouself. Jy speel in satan se speelpark as jy dit doen, en al die gif gaan lei tot jou dood.

Wanneer jy wel die beste besluit neem en in Jesus se arms instap, jou seer vir Hom gee, sal Hy vir jou die Swaard gee om mee te veg en as jy met die Swaard veg, is dit eintlik Jesus wat vir jou veg. Dan veg jy saam met Jesus wat die Woord is.

Ex 23:22: "Maar as jy terdeë na Sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees."

So daar is net een regte manier om te veg: eerstens moet jy in die regte verhouding met Jesus binne-in God se hart staan, dan kom jou wapenrusting in plek en gee Jesus die Swaard vir jou om mee te veg. (Eph 6:17: "Take the ... word of God as the sword that the Spirit supplies) En wanneer jy veg met die Swaard, met die Woord, dan is dit God wat voor jou uitgaan om jou teëstanders te beveg.

As jy wel met satan se wapens geveg het, kan jy dit omkeer. Jesus staan en wag nogsteeds vir jou. Dit is so maklik om net na Jesus se voete te gaan, Hy het alreeds gesterf vir jou sondes, Hy sal jou vergewe as jy jou seer vir Hom gee. Bely jou haat, woede en wraak voor Jesus en maak die besluit om dit alles vir Hom te gee. Hy keer dit om en verander elke bose wapen in 'n mooi vrug.
Jesus het my geleer dat elke lelike bose ding wat ons aanspreek in onsself, vervang Hy met n mooi vrug. Byvoorbeeld: as ons "haat" aanspreek in ons en besluit om nie meer te haat nie en ditvir Jesus gee, word "haat" vervang met liefde. 'n Baie interressant een is "wraak". Wraak word vervang met dankbaarheid. Ek kon dit glad nie verstaan nie en HG kom verduidelik dit toe vir my op hierdie manier: wanneer iemand ons seermaak en haat ontstaan in ons binneste, is die volgende vrot vrug wat in ons ontstaan, wraak. Dis 'n lelike ding en soos jy daarbo gelees het, lei die een vrot vrug na die volgende. Later verval ons in depressie, angstoestande en allerhande siektes wat uitspruit uit hierdie vrot vrugte uit... Ons kom later op 'n plek waar ons besef ons kan net nie meer alleen met hierdie toestande van ons "cope" nie en die meeste mense besef dan hulle kan dit nie alleen doen nie, hullle het vir God nodig. Dan eers val hulle voor God se voete neer. Stukkend en aan flarde!! Net God kan hulle heelmaak en hulle besef dit dan. Dit is jammer dat mense deur soveel seer en harsteer moet gaan om God te vind, maar as dit God se wil is dat jy Hom op hierdie manier moet leer ken, het Hy 'n plan daarmee. En God se planne is altyd goed. God het dan daardie mense in jou lewe gebruik om jou seer te maak, want Hy ken jou so goed. Hy het geweet dis die enigste manier om jou na Hom toe te trek en Hy het vooraf geweet jy gaan hardkoppig wees en eers met satan se wapens veg. So Hy het geduldig gestaan en wag totdat jy op breekpunt is. Dus het God geweet jy gaan haat en wraak koester teen daardie persoon en God weet dat haat en wraak ons verwoes, maar God laat dit ook net tot op 'n punt toe - totdat jy alles aan Hom oorgee. Wanneer jy dan deur God se krag op so punt kom waar jy daardie pesoon heeltemal vergewe het, en haat, wraak en al daardie lelike goed uit die weg geruim het, gaan jy 'n vry mens wees. En jy gaan in die regte verhouding met God staan. Dan kom 'n mens op 'n punt waar jy met 'n dankbare hart vir God dankie kan sê vir die sleg wat gebeur het. Want as dit nie vir daardie sleg en seer was nie, sou jy nooit by God uitgekom het nie. Daarom word "wraak" vervang met "dankbaarheid". Toe die Here hierdie vir mykom leer het, het Hy Eseg 38 gegee"

Ezek 38:16: "Your will attack My people Israel like a cloud that covers the land. In the days to come, I will let you attack my land so that the nations will know me. I WILL USE YOU FOR MY HOLY PURPOSE.."
Hierdie skrif sê duidelik dat God ander gebruik om ons seer te maak sodat ons Hom moet leer ken. As ons in die midde van die seer is, is dit nie lekker nie, maar na 'n ruk gaan jy terugkyk, en nie meer vir God vra hoekom nie, maar jy gaan dankie sê daarvoor.