Leringe van HG
Joh 16:13: "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig." En presies wat die HG my leer, skryf ek hier neer om ander te bemoedig.
Shalom - Shalam
Ek wil graag hier 'n klein stukkie getuienis lewer oor hoe God my die betekenis van die woord "Shalam" kom leer het en 'n paar maande daarna het Hy dit ook toegepas op my lewe. Daarom kan ek getuig van 'n God van beloftes, 'n God wat doen wat Hy sê.
Met wie se swaard veg jy? Jesus of satan s'n?
Wannneer iemand ons erg te na kom en ons baie seermaak, het ons 'n keuse hoe ons met daardie seer gaan "deal". En die manier hoe jy daardie seeer gaan uitsorteer, gaan weer 'n effek hê op die res van jou lewe. Want dit hang af wie gaan jou help om daardie seer uit te sorteeer: Jesus of satan.....
Hoekom aanbid jy God?
besin asseblief hoe julle God aanbid.
Vra asseblief vir jouself die vraag: "Hoekom aanbid ek God"?
Wat is jou groot rede dat jy se: "Ek glo in God?"
Is daar enige seëninge wat jy verwag dat jy God aanbid?
Of is dit n moeilike tyd in jou lewe en jy wil hê Hy moet dit vir jou beter maak? Aanbid jy God vir dit wat jy kan kry op aarde of selfs in die hemel? Of aanbid jy God net sodat jy nie eendag moet hel toe gaan nie?
Of aanbid jy God omdat jy REGTIG lief is vir God?
Subscribe to:
Posts (Atom)